WWJD DAGSTUKKIES

What Would Jesus Do

Was Openbaring maar altyd vir jou ‘n boek wat jy liewer nie lees nie, want jy verstaan hom nie? Dalk maak hierdie omstrede Bybelboek jou bang, of hoor jy van soveel verskillende uitlegte dat jy bang is dat jy dalk die verkeerde een sal lees? Dan is hierdie reeks oordenkinge spesiaal vir jou geskryf, want Openbaring was nooit bedoel om ‘n verborge Boek te wees nie, en die wonderlike hoop wat daaruit straal is balsem vir enige gelowige.
Hierdie reeks is nie bedoel om ‘n volledige Bybelstudie oor Openbaring te wees nie, maar bloot om jou gedagtes te prikkel en om jou te troos en vir jou hoop te gee.
Waar het hierdie reeks oordenkinge sy ontstaan? Met die draai van die eeu - die jaar 2000 - kry die NG Gemeente Noordkus die opdrag om ‘n internetbediening aan te pak.
Aanvanklik is dagstukkies, geskryf deur ‘n verskeidenheid leraars, gebruik om na gemeentelede uit te stuur. Sedert 2002 word die dagstukkies egter deur ‘n lidmaat van die gemeente gegenereer, en word die dagstukkies wêreldwyd uitgestuur om so die opdrag van Jesus in Matteus 28 uit te voer.
My innige bede is dat hierdie reeks oordenkinge vir jou ook soveel sal beteken as wat dit vir my beteken het terwyl ek dit geskryf het.
Louis Nel

R45.00

vuurdoop

R150.00

{youtube}H3KDzdhNWvE{/youtube}

Opkomende Gebeure

WWJD Dagstukkies

Copyright © 2015/2016. All Rights Reserved.